2 Des 2025

Johannes 16:1-15

Jesus waarsku dat deur die kerk tye mense Sy volgelinge sal vervolg en dink hulle doen die Here 'n guns, maar eintlik ken hulle nie die Here nie.

Oor vervolging deel is van Christenskap stuur die Here vir ons Sy inwonende Heilige Gees!!
Hy help ons en lei ons dus verduidelik die Heilige Gees vir elkeen van ons as gelowiges wat in die Woord staan.

Here dankie dat die Heilige Gees ook in die wêreld werk:
“En wanneer Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van •geregtigheid en van oordeel:”
‭‭Johannes‬ ‭16‬:‭8‬ ‭AFR20‬‬

U is die Parakleet!
Ons Trooster en Advokaat!

Archive

 2025