1 Des 2025

Eksodus 39:1-43

Hulle maak die klere van Aaron die hoëpriester.
Die belangrikste is die efod: dis deel van die borstas wat die hoëpriester moes dra sodat hulle met die Urim en Tunnim daarin kon hoor wat die Here sê.
As Gideon en ook later Jerobeam verval in afgodery dan maak hulle hul eie efod om self die Here te kon hoor sonder die hoëpriester se insette.
Die Here het egter net 1 efod laat maak en dit was vir die hoëpriester by die Tabernakel.

Moses hou na alles gebou is inspeksie en kyk mooi of dit reg is soos die Here hom gewys het.
As hy dit reg vind dan seën hy die vakmanne aan die einde van hulle moeilike taak.

Here dankie in die detail van die hoëpriester se klere!
Dit wys alles na U!
So was dit byvoorbeeld nie gemaak om te skeur nie en tog het Kaiafas die laaste hoëpriester dit voor U, die ewige Hoëpriester, Geskeurde en so 'n einde gemaak aan die aardse hoëpriester-skap.
U is die Ware Hoëpriester!

Archive

 2025