30 Nov 2025

Job 22:1-30

Elifas kom met die redenasie wat baie mense oor die Here het : Hy is vêr en onbetrokke, Hy weet nie regtig wat hier aangaan op aarde nie.

Daarby soek hy steeds 'n verskoning vir Job se teëspoed.
Hy dink dit moet nog steeds een of ander komiese terugbetaal sisteem wees wat Job straf vir iets wat hy gedoen het wat niemand waargeneem het nie.
Maar dit is nie so nie: die Here noem Job regverdig.

Here mense dink hulle is slim en kan verklaar wat oor tyd en oor die wêreld gebeur met goeie en slegte uitkomstes, maar net U weet wat eintlik aangaan!
U is Alwetend!

Archive

 2025