28 Nov 2025

Eksodus 38:1-31

Brons se simboliek is Goddelike oordeel.
Daarom was die 2 meubelstukke in die voorhof van die Tabernakel, waar almal dit kon sien, van Brons.
Die offer-altaar en die waskom was beide Brons.
Dit dui op die feit dat ons nie tot die Here kan nader sonder 'n offer nie: ons Offer-Lam is Jesus.
Daarom simboliseer die altaar vir ons ons wedergeboorte!
Die waskom is die plek van selfondersoek en skoon kom: vir ons die doop.
Die 66 pale rondom die Tabernakel is die Woord van die Here wat ons grens van Waarheid vorm.

Here dankie dat die hele Tabernakel vir ons verder en verder vir Jesus openbaar!
U is ons Altaar en ons Offer-Lam!

Archive

 2025