26 Nov 2025

Johannes 15:1-17

Jesus is die Wingerdstok en ons die lote wat uit Hom groei!
Die Vader is die Boer wat snoei en in stand hou.
Die doel van ons as lote is om vrug te dra!
Vrugte kom net as ons verbind bly aan die Wingerdstok en ons Sy "sap", Sy Woord ontvang en doen.
Vrug van ware gelowiges wat lote in die Wingerdstok is lyk soos liefde.

Here dankie dat U ons vriende noem en nie onderdane of slawe nie!
U het verhouding met ons!!
U is die Ware, Lewegewende Wingerdstok!

Archive

 2025