12 Nov 2025

Job 16:1-22

Job is besig om vir sy vriende te sê dis nie hoe vriende mekaar dra in moeilike tye nie.
Ek dink ons moet mekaar bemoedig en bystaan as dit sleg gaan en nie mekaar nog verder kritiseer nie.
Die mooi van die gedeelte is dat Job se beskrywing van sy lyding 'n Messiaanse voorspelling word.
Want soos hy gely het en verneder was deur mense so is Jesus ook verneder en gepynig!

Here dankie dat U ons aan die kruis leer om vir ons teenstanders te bid en hulle te seën eerder as om te vervloek of wraak te wil neem.
U is Barmhartig!