24 Oct 2025

Johannes 10:1-21

Jesus verduidelik dat Hy vir ons as skape die Deur of Hek is waardeur ons moet gaan om in Vader God se kraal te wees en dus veilig uit die vyand se kloue!
“Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy beslis verlos word. Hy sal ingaan en uitgaan en groen weiding kry.”
‭‭JOHANNES‬ ‭10‬:‭9‬ ‭NLV‬‬

Jesus is ook die Goeie Herder wat ons lei na die kraal en ons beskerm teen die vyand, die mense moordenaar, satan.
Soos Psalm 23 ook beskryf is Hy die Herder wat ons lei na wat nodig is en oppas al is dit deur 'n dal van doodskaduwee!

Here dankie dat ons veilig in U hand is!
U is die Goeie Herder!

Archive

 2025