18 Sep 2025

Johannes 5:1-23

 By die Bad van Betesda het menigte siekes saamgedrom omdat hulle geglo het dat ń engel die water roer en dan sal die eerste een wat in die water ingaan, genees word.

Jesus genees en restoreer ń man wat reeds 38jr siek is sonder dat hy in die water ingaan. Hierdie wonderwerk gebeur op ń Sabbat en dit maak die Jode woedend.

Jesus se antwoord aan hulle is hoe ons ook in ń diep intieme verhouding met die Vader moet staan:

'Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie.' v19

Vader ons wil ons verhouding so laat groei dat ons alles doen wat ons U sien doen. Ons kies om U Woord so deel van ons lewens te maak dat ons nie sal mis wanneer U ons lei om iets te doen nie.

U is ons 'Waymaker' en ons 'Miracle-worker'.

Archive

 2025