7 Julie 2025

Eksodus 2:11-25

Moses word as 'n Egiptiese prins groot.
Hy vergeet egter nie sy Hebreeuse grootword nie en uit frustrasie met die mishandeling wat hy sien van die Egiptenare teenoor die Israeliete maak hy 'n Egiptenaar dood wat 'n Hebreeuse slaaf mishandel.

Die sonde wat Moses probeer wegsteek kom egter uit!
Farao wil toe vir Moses doodmaak hieroor en Moses vlug toe na Midian.
Daar ontmoet hy Jetro se 7 dogters en help hulle.
Hy word 'n gas van Jetro die priester en werk vir hom.
Moses trou met die Midianiet se dogter, Sipporra en het 'n seun by haar. Hy sou 40 jaar daar skape oppas.
Intussen het die Israeliete se hulp roepe en smeek gebebede tot die Here gekom...

Here dankie dat U ons hoor en uitkoms voorberei.
U is ons Redder!