6 Julie 2025

Spreuke 12:1-14

Bly leerbaar!
Moenie dink jy weet alles en verwaand wees oor jou kennis nie!
Wat jy dink en wat jy sê maak baie saak.

Dit sal mens dan sien in wat jy doen!
Om reg te doen bring die Here eer en verseker dat jy versorg sal wees.

Reg doen is soos om jou diere te versorg en reg te behandel! v. 10

As jy reg praat en doen is jy vir die mense om jou ook 'n plesier.

“Wanneer 'n mens die regte dinge sê, dan sal dit baie goed gaan met hom, en wanneer hy met sy hande werk, dan sal hy beloning kry.”
‭‭Spreuke‬ ‭12‬:‭14‬ ‭ABA‬‬

Here help ons reg dink, praat en doen!
U Heilige Gees is ons Helper!