5 Julie 2025

Kolossense 4:1-6

Bid!
Hou aan om te bid al is jy moedeloos!
Bid vir Herlewing!
Bid dat die evangelie, die goeie nuus van Sy Koninkryk, ons land sal omdraai op elke vlak.
Bid vir die wat die evangelie verkondig om voluit aan te hou daarmee.
Bid dat jou woorde en gesprekke opbouend en smaakvol sal wees.

“Bid dat wanneer ek daaroor praat, ek dit so duidelik sal uitlê soos ek dit moet doen.”
‭‭KOLOSSENSE‬ ‭4‬:‭4‬ ‭NLV‬‬

Here ons bid:
“Laat die woorde van my mond en die bepeinsing van my hart vir U aanvaarbaar wees, Here, my Rots en my Verlosser.”
‭‭Psalms‬ ‭19‬:‭15‬ ‭AFR20‬‬

U is ons Rots en Verlosser!