11 Mei 2025

2 Korintiërs 8:1-15

Oorvloei!
Paulus moedig die Korintiërs aan om oor te vloei in dit wat hulle het: tyd, geld en gawes, en dit dan te deel met gemeentes wat dit nie het nie.
Wees mede-deelsaam en vrygewig.
As ons deur 'n vrygewige God in oorvloed genade ontvang het en Hy Sy Seun gestuur, gegee het, hoeveel te meer moet ons nie dan mense wees wat gee nie!

Here om ons sien ons behoeftes raak!
Help ons om te gee, help ons oorvloei van vrygewigheid!
U is die Gewer van Lewe!
U is die Bron van alle ons finansies!

Archive

 2025