29 April 2025

2 Korintiërs 5:1-21

Paulus beskryf ons liggame as tydelike tente waarin ons woon en dat ons eendag 'n permanente woning, 'n huis, gaan hê om in te woon.
As hy van die oorgang, die dood praat beskryf hy dit so mooi:
"...sodat dit wat sterflik is, verteer kan word deur die lewe!"
Ons sien dus almal uit om die tydelike met die ewige te verwissel, die verganklike met die onverganklike en dit wat besig is om dood te gaan met Lewe te vervang.

Daarom is ons wat nog op aarde is met 'n heiligmaking proses besig en deel daarvan is om te versoen.
Ons moet met die Here versoen soos die vertikale been van die kruis op wys na die Here.
Maar ons moet ook met ander mense in versoening stap soos die horisontale been van die kruis vir ons uitbeeld.
“En dit alles kom van God af, wat ons deur Christus met Homself versoen het, en aan ons die bediening van die versoening gegee het.”
‭‭2 Korinthiërs‬ ‭5‬:‭18‬ ‭AFR20‬‬

Here help ons om vanuit ons versoening met U in versoening met mense te leef.
U is Vrede.

Archive

 2025