3 April 2025

Psalm 136:1-26

In Joodse tradisie word hierdie Psalm 'The Great Hallel' genoem.  Dit is ń viering van die Here se ewigdurende onvoorwaardelike troue liefde vir Sy volk - Sy 'hesed' liefde of 'loving-kindness'.

Oor en oor in elke vers word Sy grootheid en goedheid uitgeroep, waarop die volk antwoord: '...Aan Sy troue liefde is daar geen einde nie!'

Wonderlike Hemelse Vader, Aan U troue liefde is daar steeds vandag nog geen einde nie. U grootheid en goedheid oorweldig ons. Saam met Dawid sing ons ook... 'Wanneer ek na U hemelruim kyk, die werk van U vingers, die maan en die sterre wat U gevestig het – wat is 'n mens dan dat U aan hom dink?' (Ps 8:4-5) Ons prys U Naam!

U is ons Verbonds-God
U is Liefde

Archive

 2025