16 Desember 2014

Lukas 23:1-12

Jesus verskyn voor Pilatus en voor Herodus wat oor Galilea regeer (hy was toevallig in Jerusalem). Beide vind Hom nie skuldig nie maar uit vrees vir die Jode kan hulle Jesus ook nie vryspreek nie!

Herodus beklee Jesus die eintlike Koning van die Jode met 'n Koningskleed en Pilatus kondig Sy totale onskuld aan.

Maar in hulle bose saamsweer tot Jesus se veroordeling smee hulle 'n bose vriendskap, waar hulle vantevore vyande was.

Here help ons dat ons nie bose vriendskappe smee met sonde nie.
U is ons ware Vriend.