13 Desember 2024

Lukas 22:63-71

Die Joodse soldate, wagte van die Tempel wat Jesus bewaak het, slaan en spot Hom.
As hulle sê Hy moet profeteer wie Hom slaan, dan ken Hy elkeen van hulle wat Hy geskep het deur en deur maar tog sê Hy niks.

Ook voor die Joodse raad besef Jesus dat hulle nie gaan luister as Hy sê Hy is die Messias nie.
Hy sê egter dat Hy die Seun van God is en gebruik selfs die goddelike benoeming "Ek is" om Homself te beskryf.

Dit gee die godsdienstige raad genoeg ammunisie om Jesus ter dood te veroordeel!

Here dankie dat U, U lewe op gegee het en vir ons stil gebly het toe praat U kon red.
U is waarlik die "Ek is".
Die Seun van God!