12 Desember 2024

1 Johannes 3:11-24

“En dít is sy gebod: Ons moet in sy Seun, Jesus Christus, glo en ons moet mekaar liefhê ooreenkomstig die gebod wat Hy ons gegee het.”
‭‭1 JOHANNES‬ ‭3‬:‭23‬ ‭AFR83‬‬

Ons het die Heilige Gees in ons as geskenk om ons te help om Sy woord en Sy gebooie te gehoorsaam en so mense lief te hê!

As ons nie mense lief het en dit uitleef nie dien ons nie die Here nie.
As ons mense haat is ons soos Kain wat sy broer vervolg het oor die sê geregtigheid en sy eie onreg.
Dus is daar net 2 tipes mense:
Kain tipe wat nie liefhet nie maar vervolg,
En Jesus tipe wat liefhet deur Sy lewe te gee!
Watter een is jy?

Here help ons om ons Liefde vir mense uit te leef en te doen!
U is Liefde!