23 Oktober 2024

Psalm 85

Die Here vergewe en herstel!
Daarom bid ons soos die Psalmdigter vir ons land vandag en vra die Here vir herlewing in ons land!

Waar waarheid, geregtigheid en vrede heers maak die Here die land weer voorspoedig en geniet ons weer Sy vrugbaarheid oor ons nasie!

So, Here ons bid vanoggend vir die vrede van Suid-Afrika!
Ons bid vir herlewing!
Dat mense in vrede met U sal leef en hulle lewens aan U sal wy.
U is ons Redder!