11 Oktober 2024

Psalm 77

Asaf skryf  hoe dit vir hom voel asof God hom nie hoor nie, maar tog weet hy uit sy ervaring van die verlede en uit geskiedenis dat die Here getrou is en dat die Here red!
Al voel jy nie of die Here naby is nie, Hy is!
Gaan jy steeds aan om die getuienie van vroeër te oordink!

“U is die God wat wonders doen! U het u mag aan die nasies getoon.”
‭‭PSALMS‬ ‭77‬:‭15‬ ‭NLV‬‬

Here, ten spyte van hoe ons voel, maak ons elke dag 'n keuse om U volheid te dien en U te loof vir dit wat U al in die verlede gedoen het!
Daarom is dit so wonderlik om U Woord te lees daar sien ons ook U wonders!
U is die Allerhoogste!!