07 September 2024

Lukas 13:31-35

Wanneer Jesus met liefdevolle deernis Jerusalem se naam twee keer herhaal, openbaar Hy ń diep emosie oor die feit dat hulle voortdurend Sy liefde, toenadering en beskerming verwerp het.
Herodus wil Hom vermoor, soos hy Johannes die doper vermoor het!

LUKAS 13:34 AFR53
[34]  Jerusalem, Jerusalem ...hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak, soos 'n hen haar kuikens onder die vlerke, en julle wou nie.

Vader, ons bid vir die vrede in Jerusalem. Mag die wie U nog nie ken nie se oë oopgaan, sodat hulle die ware Messias kan ontmoet en die vreugde ervaar om onder U vleuels te wandel en beskerm te word.

U is Immanuel, God met ons. Die Prins van Vrede!