09 Augustus 2024

Psalm 35

Miskien het Dawid hierdie Psalm geskryf toe Saul hom agtervolg het en maklik kon doodmaak in die grot in En-Gedi.
Dawid het ń kosbare gesindheid geopenbaar en nie vir Saul doodgemaak toe hy in die grot aan die slaap geraak het nie.
1 Samuel 24:11 ...Ek sal nie my hand na my heer uitsteek nie, want hy is die gesalfde van die Here.

Die Here is ons Regter wanneer ons 'n seisoen van verdrukking beleef.

Ons bid saam met Dawid: Here, wie is soos U, wat die magtelose red van dié wat sterker as hy is.



“Hulle wil nie vrede hê nie, hulle kom met vals beskuldigings teen vredeliewende mense.”
‭‭PSALMS‬ ‭35‬:‭20‬ ‭AFR83‬‬

“Groot is die Here, wat vrede vir sy dienskneg begeer!”

U is ons Redder. U is ons Regter.