8 Julie 2024

Psalm 14

Net ñ dwaas dink daar  is nie God nie!
Net ñ dwaas sê vir homself hy kan lewe soos wat hy wil.
Net ñ dwaas dink dat wat jy doen niks met die Here te doen het nie!
Net ñ dwaas maak nie op die Here staat nie!
Maar
Here ons wil wys optree:
Ons wil U erken in ons denke en in alles wat ons doen.
Ons wil U ons toevlug maak en U raad vra!
Ons wil U werk in ons lewens erken!

U is die God wat Verlossing uit Sion bring!