15 Junie 2024

Lukas 6:1-11

Jesus laat Sy dissipels eet en dus tegnies laat hy hulle koring oes op ñ sabbat.
Dit was teen die wet.
Verder genees hy ook iemand op die sabbat.
Die sabbat (die sewende dag van die week, vrydagaand tot saterdagaand) was die teken van die wet van Moses.
Jesus kom kondig egter iets groter en beter aan: Hy word ons sabbat! In Hom vind ons rus van die wet en alles wat ons MOET doen.
Hy doen dit in ons plek en deur geloof in Hom kan ek en jy deel hê aan die perfekte Rus!

Jesus dankie dat U die wet kom vervul het.
U is die Sabbat!