14 Junie 2024

Rigters 19

Wat ñ hartseer storie!
Net soos Genesis 19 beskryf die storie die uiterse verval van moraliteit in Israel!
Eintlik is die verkragting van die Leviet se byvrou vertel sodat ons kan agterkom dat die verval in die tyd erger was as in Sodom en Gemorra se tyd.
Dus soos met die twee stede is oordeel te wagte.

Here, mag U morele wet in ons harte ons op ñ ander vlak laat optree.
U is Reg en Geregtigheid.