9 Junie 2024

Lukas 5:17-32

Jesus sien die geloof van die vriende wat die siek man deur die dak tot by Sy voete laat sak. Daarom vergewe Hy eers sy sonde, en dan om te wys Hy kan vergewe, genees Jesus ook die man.
Daarna roep Jesus vir Levi die tollenaar om ñ dissipel te word.
En op die geskokte, wettiese leiers antwoord Hy:
“Jesus het gehoor wat hulle vir sy dissipels sê. Hy antwoord hulle toe: “Wat dink julle is dokters se werk? Moet hulle heeltyd gesonde mense oppas? Of moet hulle siek mense help? Julle weet mos wat die antwoord is: dokters is daar vir siek mense.”
‭‭Lukas‬ ‭5‬:‭31‬ ‭

Here, dankie dat U kom om ongereddes te red!
Die wat dink hulle is ok, is nie!
U is ons Dokter!