7 Junie 2024

2 Samuel 22

“Want met U loop ek 'n bende storm, met my God spring ek oor 'n muur.”
‭‭II SAMUEL‬ ‭22‬:‭30‬ ‭AFR53‬‬

Dawid se lied loof die Here se getroue liefde!
Dawid eer die Here, dat Hy hom gehelp het om sy vyande te verslaan!
Hy kies om die Here te prys selfs in sy moeilike tye!
Dawid kies om Psalms te bly sing van die Here se grootheid.
En orals in Dawid se liedere skemer dit deur: dat die Here, Almagtig, groot en goed is, dat Hy verlos, en selfs dat die Koning wat uit Dawid se nageslag sal kom die Verlosser en Here is voor wie hyself moet buig!

Here, dankie vir U verbond met Dawid!
Ek sien so uit om sondag daaroor te preek!!
U is die Ewige Koning!
Die Seun van Dawid!