28 Mei 2024

Lukas 3:21-38

Jesus word gedoop!!
Vol van die Heilige Gees, (dit was sigbaar vir almal dat die Gees soos ñ duif op Hom neergekom het) na Sy doop begin Jesus Sy bediening op ouderdom 30.

Die geslagsregister van Jesus in Lukas is die van Maria terwyl die een in Matteus, Josef s'n is.
Albei, Josef en Maria, kom van Dawid.
Na Dawid is Josef uit Salomo se lyn en Maria uit Natan se lyn.
Jesus is egter vanuit Sy vebintenis met Josef en Maria vanuit die geslag van Dawid gebore.

Here, dankie dat ñ saak uit die mond van 2 of 3 getuies bevestig moet word en selfs die geslagslyn van Jesus is 2 keer bevestig!!
U is Waar en Getrou!