27 Mei 2024

Rigters 13

Manoag en sy vrou kry instruksies van ñ engel af, oor hoe om die kind wat hulle gaan kry groot te maak.
Dit is nadat sy al ñ aanvanklike ontmoeting met die engel gehad het.
Die paartjie offer toe vir die Here ñ brandoffer en sien die engel in die vlamme opgaan hemel toe.

Simson word toe gebore met die seën van die Here op hom en die Heilige Gees by hom.

Here, dankie vir U duidelike instruksies vir ons en ons kinders.
Vandag is dit nie engele wat ons wys hoe om Godvresende kinders groot te maak nie, maar U Woord leer ons.
U is ons Leidsman!