24 Mei 2024

Rigters 12

Jefta as rigter, blus ñ broeiende rebellie toe hy die Efraimiete wat teen hom opstaan oorwin.
Hy keer hulle aan die oostekant van die Jordaan vas en ons sien dat die Efraimiete geïdentifiseer en gedood word op grond van hulle aksent en hoe hulle dialek in Efraim nie “sh” kan sê nie maar net ñ gewone “s”.

Jefta gee die volk 6 jaar lank rigting voor hy sterf,
Daarna, Ebsan vir 7 jaar, Elon vir 10 en Abdon vir 8 jaar.

Here, dankie vir leiers in die regte situasie!
U is ñ Leier van vrede!
U is Lewe en Lewe in oorvloed!