22 Mei 2024

Lukas 2:41-52

Elke Joodse seun vandag het n “Bar-Mitswa” op ouderdom 12.
Dit is waneer ñ kind as jong man in die gemeenskap van gelowiges (sinagoge vir Jode) erken word.

Hier gebeur Jesus se “Bar-Mitswa”.
Hy staan vir die eerste keer as ñ man voor die geleerdes van Israel in die Tempel.
Hy bëindruk hulle en ook almal by sy huis in Galilea deur Sy kennis en kewenswyse.
“En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense.”
‭‭LUKAS‬ ‭2‬:‭52‬ ‭AFR53‬‬

Here, dankie dat ons verhouding met mense ook belangrik is maar bo alles staan ons guns wat ons in U oë het op grond van U genade!
U is die Al-wyse Een!