19 Mei 2024

Lukas 2:21-40

Jesus word vir die 1ste keer na die Tempel in Jerusalem geneem deur Sy ouers.
Hulle het die kort reis vanaf Betlehem gemaak 8 dae na Jesus se geboorte, omdat Hy besny moes word.
Die offer van 2 duiwe was die wat arm mense gegun is instede van ñ donkie se nek wat gebreek moes word vir die oudste seun!

Simeon en Anna wat al baie jare vir die dag wag om die Messias te sien, profeteer oor Jesus!
Ek kan net dink hoe vol trane van vreugde hulle wange moes wees!

Here ons sien uit na U wederkoms soos Simeon en Anna vir U 1ste koms gewag het!
U is die besnede Verbonds-God!!!