16 Mei 2024

Lukas 2:1-20

Jesus word gebore!
In Betlehem, die tuis stad van Dawid.
Maria lê die Baba in doeke neer.

Dit is soos die engel aan die skaapwagters in die veld dit verduidelik het!
ñ Engele koor bars toe uit en sing voor die herders:
“Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae!”
‭‭LUKAS‬ ‭2‬:‭14‬ ‭AFR53‬‬

Here, U geboorte is die wonderlikste ding wat ooit kon gebeur:
God word mens en kom maak vrede met ons!!
U is Immanuel!