13 Mei 2024

Luk. 1:39-80

Maria, swanger met Jesus, gaan kuier vir haar tannie Elisabet wat vir Johannes verwag het.
Met Maria se groet van haar ouer tannie, spring die ongebore Johannes in sy ma op en word Elisabet en Johannes vervul met die Heilige Gees!

Maria geinspireer deur die Heilige Gees, sing ñ lied tot die Here se eer en so ook Sagaria nadat hy begin praat het toe hy sy seun se naam, Johannes, bevestig het.

Here, ons wil saam met Maria en Sagaria U lof besing en sê U is Groot!
U is ons Messias!