10 Mei 2024

Luk. 1:26-38

Gabriël verskyn aan Maria en sê vir haar dat sy gaan swanger raak al is sy ñ maagd.
Sy moet die kind Jesus noem Hy is die Seun van God.
Sy stem in deur te sê:
“En Maria sê: Hier is die diensmaagd van die Here. Laat dit met my gaan volgens U woord. En die engel het van haar weggegaan.”
‭‭LUKAS‬ ‭1‬:‭38‬ ‭AFR53‬‬

Die Engel vertel verder vir haar van haar swanger ou tante Elisabet wat as ondersteuning vir haar sal dien.

Here, dankie vir opregte mense soos Maria deur wie U kon Werk!
U is Immanuel: God met ons.