7 Mei 2024

Lukas 1:1-25

Gabriël ontmoet vir Sagaria in die Tempel!
Sagaria die Godvresende priester was besig met die wierook altaar toe die engel aan hom meëdeel dat sy vrou Elisabet gaan swanger raak.
Omdat hulle beide al oud was het Sagaria vir bevestiging gevra en Gabriël sê toe dat hy sal stom wees solank as wat hy wag vir Johannes.
Johannes moes ook van geboorte af afgesonder word vir die Here.
Hy sou aan Israel preek en baie sou tot bekering kom, was die engel se profesie.

Here,
dankie vir Godvresende volgelinge van U soos Sagaria en Elisabet!
U is die God van die belofte!!