30 April 2024

Rigters 4

Debora van Lappidot was die volgende rigter van Israel.
Sy was n profetes wat saam met Barak en sy 10 000 man opgetrek het teen Sisera die Kanaaniet wat vir die koning Jabin van Kanaan geveg het.
Maar dit was ñ afstammeling van Moses se swaer, die vrou Jael, wat Sisera met n tentpen in sy slaap gedood het.

Here, oorwinning kan uit ongewone plekke kom!
Dankie dat U ons help.
U is die Vegter van die stryd.