1 Mei 2024

Klaagliedere 4

Die beleer van ñ stad is tragies!
Jerusalem was al meer as een keer in haar geskiedenis beleer.
Die smart wat met die hongersnood en angs gepaard gaan wat ñ stad beleef wat omsingel is met bloeddorstige vyande, is afgryslik.
Die dinge wat beleerdes doen om te oorleef is onmenslik.
In Jeremia se tyd het die Babiloniërs Jerusalem beleer, later sou die Grieke en toe die Romeine in 70 na Christus ook so die stad omsingel en later vernietig.

Here, mag ons sonde ons nie tot sulke smarte bring nie. Dankie vir U genade!
U is Alomteenwoordig!