29 April 2024

2 Samuel 9

Uit eer vir sy goeie vriend Jonatan kry koning Dawid die enigste oorlewende seun van sy afgestorwe vriend en kleinseun van Saul, om hom in ere te herstel.
Hy gee aan Mefiboset weer al Saul se grond terug en vra Jonatan se dienskneg, Siba, om die kreupel jongman te dien soos hy sy pa Jonatan gedien het.

Here, help ons om ander te bly eer ten spyte van hulle verlede.
U is die Lofwaardige Een wat op die Troon sit!