28 April 2024

Klaagliedere 3

Jeremia was deur die koning op ñ stadium in ñ put gegooi.
Hierdie ervaring word ñ profesie waarna hy verwys.
Hy beskryf Israel in die ellende van die put, vêr van die Here af met baie hartseer!
Maar, net soos Jeremia uit die put gekom het net deur die Here se toedoen, so sal Juda weer opstaan.
“Laat ons ons harte saam met ons hande ophef na God in die hemel.”
‭‭Klaagliedere van Jeremia‬ ‭3‬:‭41‬ ‭AFR20‬‬

Here, help ons om nederig voor U om hulp te roep!
U is die Opligter!