20 April 2024

2 Samuel 6

Dawid gaan haal die Ark om dit in Jerusalem te gaan sit.
Hy vervoer egter die ark verkeerd.
Dit was bedoel om op priesters se skouers gedra te word en nie op ñ wa nie.
Ussa sterf in die proses, omdat hy met die struikel van die osse die ark wil stabiliseer.

Na Ussa se dood stoor Dawid die ark by Obed Edom, wat baie geseën word.

Nou vervoer Dawid die Ark reg met priesters

Dawid dans uitbundig voor die Here tot skaamte van sy vrou.

Here, dankie vir U teenwoordigheid.
U is die Een wat Troon tussen Gerubs!