19 April 2024

Nehemia 13

Met goeie leierskap en orde kom daar voorsiening van die Here af.
Nehemia maak die tempel skoon van een van Jerusalem se ou vyande wat toe deur die priester blyplek gegee is in die tempel.

Sodoende herstel Nehemia weer orde:
Hy kry die priesters terug.
Hy laat weer Jerusalem die sabbat onderhou.
En sien toe dat mense wat nie Judees kan praat nie dit leer of die stad verlaat.
Orde!
Hy bring weer dissipline in Jerusalem nadat alles uit gerafel het toe hy na Ahasveros in Babelonië moes terugkeer.

Here, help ons om orde in ons lewens te handhaaf en nie plek vir wanorde te gee om by ons te kom woon nie!
U is ñ God van Orde!