16 April 2024

Nehemia 12

Gestruktueerde roosters van priesters, leviete, poortwagters en veral musikante is deur Nehemia opgestel.
Hy doen verslag van al die wat diens gedoen het in die Tempel, na die terugkeer uit ballingskap.
In Serrubabel se tyd (1ste terugkeer), Esra se tyd (2de terugkeer) en Nehemia se mense (3de terugkeer).

Nehemia en die volk hou 'n groot lofprysings fees met kore op die muur van Jerusalem met die toewyding van die muur aan die Here.
In hierdie hele tyd was die lofprysingspan voltyds in diens van die Here, en die volk het hulle onderhou!

Here, dankie dat ons U met sang kan loof!
U is Almagtig!

Archive

 2024