6 April 2024

Jeremia 48

Jeremia profeteer ook die einde van Moab: een van die buurvolke van Israel.
Netsoos die Babeloniërs Jerusalem gaan beleer en in ballingskap wegvoer, so sal Moab die veel kleiner bure nie vry kom van die Here se oordeel nie.
Moab het immers Kemos aanbid wat ñ afskuwelike afgod was en mense offers verwag het.

Wat eens ñ rustige land langs die Jordaan rivier was gaan nou ñ leë woestyn wees sonder mense.

Here, help ons om die langtermyn gevolge van ons sonde te sien.
Ons verkeerde dade beinvloed tog ons kinders en kleinkinders!
Help ons en hulle om regte besluite te maak, nie soos Moab nie!
U is Genadig en regverdig!

Archive

 2024