5 April 2024

2 Samuel 1

Dawid ontvang die nuus van Saul en Jonatan se dood.
Die Amalekiet wat Saul gedood het en die boodskap vir Dawid gebring het, het seker ñ beloning verwag, maar hy boet met sy lewe vir die daad van veraad.
Dit het seker ook nie gehelp dat Dawid en sy manne net pas terug gekeer het van ñ slag teen die Amalekiete wat hulle vrouens en kinders gesteel het nie.
Ironies genoeg was die Samuel se opdrag van die Here af aan Saul om alle Amalekiete uit te roei en hy versuim nou sterf Saul aan die hand van ñ Amalekiet.

Dawid en sy manne rou oor Saul en Jonatan, al het Saul hom vervolg vir ñ geruime tyd.
Sy lied aan die twee weerspieël sy respek vir hulle en sy liefde vir sy vriend Jonatan.

Here, help ons om slegte nuus te kan verwerk tot U eer as ons dit hoor.
U is die Waarmaker van U Woord.

Archive

 2024