3 April 2024

Jeremia 47

Die veel besproke Gaza strook waar die Israeliete vandag nog oorlog maak teen die Palestyne, was waar die Filistyne gewoon het.
Hierdie aardsvyande van Israel met hulle 5 groot stede, het net voor Israel se trek uit Egipte ook deur die see aangekom vanaf Kreta en die laagliggende kusland strook begin bewoon.
Al sou Dawid en later al die Israeliete teen hulle veg, kondig Jeremia hulle einde aan as die Babeloniërs daardie hele strook gaan verower.
Die inwoners vandag daar, die Palestyne, is nie die oorspronklike Filistyne nie, maar ñ saamevoeging van groepies mense van orals in die midde-ooste, wat die afgelope 300 jaar daar gaan bly het.
Jeremia noem ook interresant genoeg dat die Filistyne gehelp het om Tirus en Sidon, die twee groot stede aan die kus van Israel te bou.
Hierdie twee stede bestaan vandag glad nie meer nie.

Here, as volke teen U kies hou hulle op bestaan, maar as hulle U dien dan laat U hulle voort leef!
U is die God van volke en nasies.

Archive

 2024