18 Maart 2024

Deut 29

Moses sluit tussen die Here en Israel, die wat in die woestyn gebore is, ñ verbond wat die oue bevestig wat met hulle vorige geslag gesluit is.
Die essensie van die verbond is: Israel is God se volk en die Here is aleen die God van Israel!

Hulle taak, soos ons s'n is om die Here te soek en te gehoorsaam!

“Wat verborge is, is die Here, ons God, se saak; wat geopenbaar is, is altyd vir ons en ons kinders van belang, sodat ons die woorde van hierdie wet kan uitvoer.””
‭‭Deuteronomium‬ ‭29‬:‭29‬ ‭AFR20‬‬

Here, dankie vir die voorreg om die verborge saak van U wil geopenbaar te kry deur U Gees en U woord!
Ons smag om U te soek!
U is die Geheimenis!
Die Misterie wat ons ondersoek!

Archive

 2024