15 Maart 2024

Deut 28

Gehoorsaamheid word geseën!
As ons die Here se Woord eer en ons lewe daarvolgens leef dan is die seën wat Moses oor Israel en ons uitspreek waar.
Die seën bly waar al het Jesus die vloek van die hoofstuk kom breek vir eljeen wat in Hom glo.

Die vloeke wat Moses hier profeteer het waar geword in verskillende tye in Israel.
Selfs die grusame vrou wat haar eie kind eet: Josephus, die joodse gekiedskrywer, vertel dat met die beleg van Jerusalem deur die Romeine die hongersnood so erg was in die stad dat ñ ma haar baba gekook het om te eet.

Here, mag ons U seën beleef en met vrees besef ons wil nie onder die vloek van ongeloof en on gehoorsaamheid leef nie!
U is ons Seën!
En U was die vloek aan die vloekhout van die kruis!!!

Archive

 2024