14 Maart 2024

Nehemia

Nehemia ñ hooggeplaaste amptenaar van koning  Artasata was ñ Jood wat se broer moontlik saam met Esra of selfs saam met die goeweneur Serrubabel terug gekeer het van Babelonië na Jerusalem.
Hy het gehoop om goeie nuus te ontvang oor die welstand van die Here se stad waar hulle tempel gestaan het en weer opgerig sou word, maar sy broer gee hom slegte nuus: die stad lê in puin.
Afgesien van 2 groepe wat terug gekeer het, eers onder leiding van Serubabel en toe later jare Esra, was Jerusalem se mure steeds afgebreek en die stad en sy mense dus weerloos.

Nehemia is hartseer hieroor en hy vas en bid in rou voor die Here.

Here ek dink aan daardie liedjie: “break my heart for what breaks yours…”
Nehemia se hart was gebreek oor Jerusalem, want U hart was gebroke oor U stad.
Daarom rig U hom op om te bid en later te doen!
U is ons Intersessor wat vir ons bid en omgee!

Archive

 2024