11 Maart 2024

Joshua 24

Die laaste woorde van Joshua is ñ oorsig van Israel se geskiedenis, dan ñ vermaning en bemoediging!

“Maar as dit verkeerd is in julle oë om die Here te dien, kies julle dan vandag wie julle wil dien, óf die gode anderkant die Rivier wat julle voorouers gedien het, óf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon. Maar ek en my huis, ons sal die Here dien.””
‭‭Josua‬ ‭24‬:‭15‬ ‭AFR20‬‬

Joshua het tot met sy sterfbed op 110 jarige ouderdom steeds gekies om die Here te dien!

Here, help ons om die wedloop enduit te voltooi en U te bly dien tot ons sterf!
U is die God van Abraham, Isak en Jakob!

Archive

 2024