4 Maart 2024

Jeremia 37

Jeremia profeteer aan Sedekia dat die Babeloniërs nie gaan weg gaan nie, al moes hulle vir ñ kort tyd teen die Egiptenaars gaan veg.
Hulle sou terug kom en Jerusalem afbrand, was die woorde van Jeremia.
Mense het daarom in Jerusalem gedink dat die profeet aan die kant van die Babeloniërs was en dat hy hom by hulle wou skaar.
Maar, ten spyte van Sedekia, die koning, se rebellie het Jeremia steeds lojaal gebly.

Here, somtyds verstaan mense ons verkeerd as ons U boodskap moet oordra en dan beland ons in die moeilikheid soos Jeremia hier.
U is die Waarmaker van U Woord.

Archive

 2024